CENTURION

Saterdag 16 en 23 Mei 2020

“Girl-School was ‘n wonderlike leerskool vir my Mesiekind. Sy het so baie waardevolle dinge geleer. Sal dit baie beslis aanbeveel vir enige jong “pre-teen” in vandag se tyd!
Girl-School Mamma

“Girl-School se lewenslesse sal Johanné vir die res van haar lewe by bly. Sy borrel behoorlik en kannie uitgepraat raak oor alles nie!”

Girl-School Mamma

Girl-School is ‘n kursus spesiaal vir 8 – 12 jarige dogters, propvol leer, inspirasie, positiewe boodskappe en natuurlik lag en pret! Dit sal jou dogter help om selfvertroue te bou deur nuwe lewensvaardighede aan te leer en belangrike ‘saadjies’ te plant wanneer ons gaan gesels oor:

Leer wat dit REGTIG beteken om ‘n “Dame” te wees

Wat beteken “Ware Skoonheid” en ‘omhels’ jou uniekheid

Belangrike lewenslesse vir selfversekerde en gelukkige meisies

Ouderdomsgepaste persoonlike higiëne

‘Mini-Manicure’ praktiese sessie (heerlike pret!)

Praktiese, ouderdomsgepaste velsorg routine (ook hope pret!)

Wat is ‘n GESONDE vriendskap? (Want DIT is die tipe vriende wat jy verdien!)

Tafel Etiket

Drie ‘wapens’ wat jou sal help om op te staan vir jouself en makliker “Nee” te sê

Goeie en gesonde postuur

Hoe respekteer ek my lyf – want my lyf is ‘n geskenk van God

Die “Groot 5” van ‘n “gesonde ek” – want my lyf is BAIE meer as net ’n ‘dop’!

Voel mooi binne en buite – en dit bou selfbeeld en selfvertroue!

Ontdek jou “Sparkles”

Let wel:

In-persoon Girl-School sessies saam met ‘Juffrou Anri’ is baie beperk en daar is ook beperkte plek by elke kursus.

AFRIKAANSE KURSUS

Saterdag 16 en 23 Mei 2020 (Meisies woon albei dae by)
Area: Centurion (Volledige adres sal gestuur word aan ouers wat inskryf)
Koste: R2800 wat kan betaal word as
i) R1400.00 binne 7 dae van inskrywing, saam met
ii) Die balans van R1400.00 sewe(7) dae voor die kursus begin
“Liewe tannie Anri, dankie dat tannie ons gewys het hoe om ‘n dame te wees en dankie dat tannie dit so ‘fun’ gemaak het vir my. Ek het so baie geleer en wens ek kan elke Saterdag Girl-School toe kom!” Girl-School jong-dame

Kursus begin oor:

Day(s)

:

Hour(s)

:

Minute(s)

:

Second(s)

Hier is ‘n kort video wat so ‘sneak-peak’ gee van wat vir jou dogter wag by Girl-School: