“Girl-School se lewenslesse sal Johanné vir die res van haar lewe by bly. Sy borrel behoorlik en kannie uitgepraat raak oor alles nie!”
Girl-School Mamma

Ek is opgewonde om hierdie jaar vir my pre-tiener dames ‘n langer kursus aan te bied:

Ek sien haar gereeld en volg dus op of sy die kennis toepas en implementeer

Korter sessies, so langer kans om alles toe te pas voor nuwe inhoud weer geleer word

Meisies vorm ‘n sterk band as ’n groep en spesiale vriendskappe vorm

Sy lê ‘n basis vir ‘n gesonde selfbeeld en bou selfvertroue in verskeie areas van haar lewe

Sy gaan leer wat dit beteken om ‘n ’dame’ te wees – en TROTS wees om haarself so te noem

Sy kweek gesonde gewondtes wat haar beter voorberei vir haar tienerjaar, …en daarna!

“Girl-School was ‘n wonderlike leerskool vir my Mesiekind. Sy het so baie waardevolle dinge geleer. Sal dit baie beslis aanbeveel vir enige jong “pre-teen” in vandag se tyd!
Girl-School Mamma

Kursus begin oor:

Day(s)

:

Hour(s)

:

Minute(s)

:

Second(s)

Girl-School is ‘n kursus spesiaal vir 8 – 12 jarige dogters, propvol leer, inspirasie, positiewe boodskappe en natuurlik lag en pret! Dit sal jou dogter help om selfvertroue te bou deur nuwe lewensvaardighede aan te leer en belangrike ‘saadjies’ te plant wanneer ons gaan gesels oor:

Leer wat dit REGTIG beteken om ‘n “Dame” te wees

Wat beteken “Ware Skoonheid” en ‘omhels’ jou uniekheid

Belangrike lewenslesse vir selfversekerde en gelukkige meisies

Ouderdomsgepaste persoonlike higiëne

‘Mini-Manicure’ praktiese sessie (heerlike pret!)

Praktiese, ouderdomsgepaste velsorg routine (ook hope pret!)

Wat is ‘n GESONDE vriendskap? (Want DIT is die tipe vriende wat jy verdien!)

Eerste indrukke en word bewus van die ‘seine’ wat jy uitstuur na ander

Drie ‘wapens’ wat jou sal help om op te staan vir jouself en makliker “Nee” te sê

Tafel Etiket

Sosiale Etiket

Goeie en gesonde postuur

Die krag van ‘woorde’, wat jy vir JOUSELF sê en ook vir ander

Die “Groot 5” van ‘n “gesonde ek” – want my lyf is BAIE meer as net ’n ‘dop’!

Hoe respekteer ek my lyf – want my lyf is ‘n geskenk van God

Ontdek jou “Sparkles”

Voel mooi binne en buite – en dit bou selfbeeld en selfvertroue!

FAIRLAND, Johannesburg

Volledige adres sal gestuur word vir die ouers wat inskryf.

VRYDAE

14:30 – 15:30

Daar is nie lesse tydens skool vakansies nie (Privaat- en Staat Skole)

Sy sal klas hê op die volgende datums:

21 Feb, 28 Feb, 6 Mar, 13 Mar, 20 Mar, 8 May, 15 May, 22 May, 29 May, 5 Jun, 12 Jun, 10 Jul, 17 Jul, 24 Jul, 31 Jul, 4 Sept, 11 Sept, 18 Sept

As dogter van bekende sangeres, Rina Hugo, en TV program ‘Noot-vir-Noot’ skepper en musikant, Johan van Rensburg, het ek groot geword met ‘n familie in die publieke oog. Ek moes van kleins af leer hoe om reg op te tree in sekere situasies en hoe belangrik dit is om jouself mooi te versorg en met grasie en respek op te tree teenoor alle mense.

Ek was ook op ‘n jong ouderdom reeds blootgestel aan die modelwêreld en het teen die ouderdom van 18, nadat ek matriek voltooi het, reeds begin werk as internasionale model in Europa. Daar het ek eerstehands geleer dat uiterlike skoonheid nie alles is nie en hoe belangrik dit is om in jouself te glo en ook jou innerlike skoonheid uit te straal.

Vandag is ek self ma van twee en die eienaar van ‘n suksesvolle onderneming waar ek my roeping en passie om vrouens en meisies te bemagtig uitleef. Ek het baie ervaring in die gebied en bied reeds vanaf 2012 af kursusse aan vir hoërskool dogters en vanaf 2017 ook vir die pre-tiener meisies.

Ja, opvoeding begin tuis, en dit sal en moet nooit verander nie. U is steeds haar beste voorbeeld! Maar selfs die beste ouers kan dit doen met ‘n bietjie hulp. My Girl-School-kursus is hier om u te help om ‘n selfversekerde dogter groot te maak wat haarself en ander sal respekteer en haar pragtige, unieke innerlike en innerlike skoonheid sal omhels.

Ek is opgewonde om ‘n positiewe bydrae te lewer tot jou dogter se groei en ontwikkeling as ‘n gelukkige jong dame!

‘n Kursus soos hierdie is ‘n belegging in jou dogter se welsyn en toekoms!

‘n Kwaliteitskursus, persoonlik aangebied deur Anri van der Linde.

Propvol belangrike inhoud, inspirasie en nuwe vaardighede.

‘n Spesiale en unieke ervaring wat sy vir altyd sal onthou!

Koste vir die 18-weke Girl-School Kursus:

✅ In-Persoon onderrig deur Anri van der Linde

18 weke van opbouende en inspirerende inhoud

✅ Slegs 12 plekke beskikbaar

Vir 7 maandelikse betalings van slegs R1300.00/maand kan jy hierdie belegging in jou dogter maak. Sy gaan beslis terugkyk na hierdie paar maande by Girl-School as ‘n hoogtepunt in haar lewe en ‘n geskenk wat vir ‘n leeftyd sal hou!

Daar is ook ‘n opsie om eenmalig te betaal:
R8500.00 teen 15 Februarie 2020 en spaar so R600.00

Maandelikse betalings is van Februarie – Augustus 2020, teen die 10de van elke maand.

BEPERKTE PLEK

“Anri het so mooi manier met die meisies en die lewenslesse wat hulle leer is prysloos! My dogtertjie het sommer weer ‘n huppel in haar stap en ons gaan aanhou oefen en toepas om dames te wees en die mooi te sien in en wees vir ander. Dankie Juffrou Anri! ❤”
Girl-School mamma

Gaan lees gerus nog “reviews” op die Girl-School Facebook blad by @girlschoolsa

Kursus begin oor:

Day(s)

:

Hour(s)

:

Minute(s)

:

Second(s)

BEPERKTE PLEK

Girl-Shool Head Office (Johannesburg)

Email: hello@girlschool.co.za

Phone: 076 900 2569 (Monday - Friday 9:00 - 12:00)